Soveelste botsing by Chandelier

Die afleweringsvoertuig wat na bewering met ’n bakkie by die Chandelier-ingang gebots het.                       Foto: Ilze-Mari Gründling

Die afleweringsvoertuig wat na bewering met ’n bakkie by die Chandelier-ingang gebots het. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
HY het al versoeke aan die Departement van Vervoer gerig om die pad by die ingang na die Chandelier Game Lodge breër te maak omdat daar so gereeld ongelukke plaasvind, sê die eienaar van Chandelier, Gerrie Ferreira.

Ferreira het gereageer na ’n botsing tussen twee voertuie gisteroggend omstreeks 09:55 by die ingang van Chandelier, sowat 7 km buite Oudts­hoorn op die George-pad.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was beide voertuie op pad na Oudtshoorn toe ’n Kia-afleweringsvoertuig agterin ’n bakkie vasgery het terwyl die bakkie by Chandelier wou indraai.

Pam Zondani, insittende van die bakkie, sê hulle moes stadiger ry omdat hulle vir ’n trein moes wag voordat hulle oor die treinspoor net na die ingang kon ry.

Die voorkant van die Kia is erg beskadig, maar die bakkie het slegs die linker-agterligte verloor.

Log in with your credentials

Forgot your details?