Smartie Town-moordsaak uitgestel

 

Familielede van die vermoorde Juliana Lingerveld wag steeds dat die moordverhoor moet begin. Hier is Lingerveld se suster, Leonie Samson, tussen haar twee tantes, Katie Lingerveldt (links) en Leen May. Foto: Die Hoorn

Familielede van die vermoorde Juliana Lingerveld van Smartie Town wag steeds dat die moordverhoor moet begin. Hier is Lingerveld se suster, Leonie Samson, tussen haar twee tantes, Katie Lingerveld (links) en Leen May. Foto: Die Hoorn

Deur Garnett Wicomb

DIE saak teen die man wat daarvan aangekla word dat hy ‘n vrou van Smartie Town verkrag en wreed vermoor het, is in die Oudtshoorn Landdroshof onbepaald vir verhoor in die streekhof uitgestel.

Siphamandla Claassen het na bewering die 26-jarige Juliana Lingerveld die aand van 8 Oktober verlede jaar verkrag en wreed vermoor het.

Claassen was volgens die ondersoekbeampte, ao Martin le Roux, die laaste persoon wat saam met die oorledene gesien is.

Ooggetuies het glo gesien hoedat die twee in ‘n woordewisseling was en Claassen die oorledene neergegooi en met ‘n klip in die gesig gekap het.

Die saak is Vrydag deur landdros Lorraine Samuels vir ‘n verhoordatum in die streekhof uitgestel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?