Seun van dorp se munisipale bestuurder sterf in botsing

Dino Paulse en sy pa, Allen Paulse.

Dino Paulse en sy pa, Allen Paulse.

DIE seun van die munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, Allen Paulse, het gisteroggend in ’n motorongeluk in George gesterf.

Dino Paulse (22) en nog twee jong mans van George was Sondag in die vroeë oggendure in ’n noodlottige ongeluk in Yorkstraat betrokke. Die silwer Polo waarin hulle gery het, het na bewering eers die randsteen en ’n lamppaal getref waarna dit teen ’n groot boom geslinger is.

Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het sy meegevoel met die Paulse-familie uitgespreek. “Ons gedagtes en gebede is met die Paulses in hierdie moeilike tyd,” het Sylvester gesê. “Die verlies van ’n kind is baie pynlik, ondenkbaar en moeilik om te verstaan wanneer dit gebeur.”

Dino word deur sy pa, ma, twee susters en ’n broer oorleef.

Log in with your credentials

Forgot your details?