Seun (7) sterf in ‘fratsongeluk’

’N SEWEJARIGE seuntjie van Bongolethu is Sondag tussen 11:20 en 12: 20 oorlede toe hy deur ’n voertuig vasgedruk is terwyl hy gespeel het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was Lithemba Mtiya besig om in sy pa se bakkie te speel terwyl die sleutel nog in die voertuig was. “Die seuntjie het aan die sleutel gaan draai en die voertuig het vorentoe gespring. Die bakkie se wiele was effens skeef gedraai en die deur van die bakkie het die kind vasgedruk tussen die bakkie en ’n paal.”

Die kind is na die Klein Karoo MediClinic geneem waarna hy oorlede is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?