Selfdood op Calitzdorppad – man se identiteit bekend

Deur Ilze-Mari Gründling

’N MAN wat Maandag op die Oudtshoorn-Calitzdorppad in ’n skietvoorval gesterf het, se naasbestaandes is opgespoor.

Die polisie het aanvanklik gesukkel om naastebestaandes in die hande te kry van die man wat geïdentifsieer is as Collin Glanwill King (70) van Swellendam.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het King klaarblyklik ’n kluisenaarsbestaan gevoer.

Visser sê die polisie is Maandag omstreeks 10:45 in kennis gestel dat ’n man sowat 10 km buite Oudtshoorn gesterf het.

King is met ’n koëlwond in sy kop aangetref. ’n Rewolwer en ’n papiertjie met ’n telefoonnommer op is ook op die toneel aangetref.

King het na bewering met ’n motorfiets na die plek gery. Die polisie vermoed geen gemenespel nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?