Saam in Preston se slaapkamer twee dae ná sy dood

Deur Liesel le Roux
TYDENS ’n bisarre samekoms van vier persone wat deur die pleitooreenkoms van Sixabiso Klip betrek word by die moord op Preston Titus, het hulle na bewering twee dae na die moord in Titus se slaapkamer oor die moord gesit en gesels.

Klip is reeds skuldig bevind vir sy betrokkenheid by die moord.

Volgens die pleitooreenkoms van Klip het hy, Maggie Titus en Natashia Stuurman wat ook ver-dagtes in die moord is, en ene Masimthembe January, ’n pastoor van Port Elizabeth, die Sondag- ­aand na die moord in Titus se slaapkamer oor sy dood gesit en praat nadat hulle ’n kerkdiens by in die huis bygewoon het.

Die pleitooreenkoms beweer voorts dat January vir Klip gevra het of hy sy selfoon herset het om so al sy boodskappe uit te wis. Toe Klip aangedui het dat hy dit nie gedoen het nie, het January glo die selfoon geneem en dit gedoen.

Natashia het Klip ook gevra om na haar huis te kom om haar karsitplekke te was.

Klip het daarna aan Maggie vertel dat Justice Mooi (nog ’n verdagte in die moordsaak) gesê het hy het die pepersproei (wat volgens die pleitooreenkoms voor die moord by ’n apteek gekoop is) verloor. Maggie het glo daarop ’n sak te voorskyn gebring waarin daar parfuum, pepersproei en ander items met bloed daarop was. MJ het die pepersproei in sy sak gesit en gesê hy sal dit by Stuurman se huis vernietig.

Volgens Klip het hy nie die karsitplekke gaan was nie omdat MJ aangebied het om dit te doen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?