R30 000-borgtog vir Magdaleen

Preston Titus-moord

Deur Garnett Wicomb
BORGTOG van R30000 is Maandag in die Kaapse Hooggeregshof toege­staan aan Magdaleen (Maggie) Titus (41), vrou van die vermoorde soldaat, Preston Titus (48).

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, was Titus se appélaan­- soek teen die weiering van borgtog in die Oudtshoorn Landdroshof, suksesvol.

Die regter het borgtog toegestaan op voorwaarde dat sy Maandae, Woensdae en Vrydae by die Polisie aanmeld en nie die Wes-Kaap mag verlaat nie.

Sy mag ook nie van adres verander sonder skriftelike kennisgewing aan die ondersoekbeampte nie en ook nie met staatsgetuies kontak maak nie.

Landdros Errol Thomas het op 8 Maart vanjaar borgtog aan Titus geweier en gesê dat dit nie in belang van geregtigheid is dat haar vryheid voorkeur geniet gesien in die lig van ’n wrede moord wat gepleeg is nie.

Haar oorlede man het 27 mes- en kapwonde opgedoen.

Titus en haar twee medebeskul­­-dig­des, Natasha Stuurman, aan wie vroeër borgtog van R15000 toege­staan is, en Justice Mooi, aan wie borgtog geweier is, verskyn weer op 4 Junie in die hof. Die vierde verdag-te, Masimthembe January (23), ook bekend as MJ, se borgaansoek is uitgestel tot 16 Mei.

• Talle inwoners van Oudtshoorn het sedert Maandag op sosiale media hul ontevredenheid daarmee te kenne gegee dat borgtog aan Titus toege­staan is.

Leon Campher, ’n gemeenskaps­leier van Dysselsdorp en vriend van wyle Preston Titus, het gesê hy is van mening dat die “wil van die gemeenskap” deur die toestaan van borgtog misken word. Campher was betrokke by die talle vreedsame betogings voor die hof tydens Titus se versky­nings op Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?