Polisiebeampte in Mei verhoor vir regsverydeling

Landdroshof Oudtshoorn

DIE saak teen ‘n polisieman van Oudtshoorn wat na bewering dossiere aan ‘n prostituut gegee het as waarborg dat hy haar later vir haar dienste sal betaal, is verlede week in die Oudtshoorn Landdroshof vir verhoor in Meimaand uitgestel.

Lourens Mtanda staan tereg op aanklagte van regsverydeling en die gebruik van ‘n amptelike voertuig sonder die nodige toestemming.

Die saak spruit uit voorvalle op 12 en 14 April 2016.

Reëlings is volgens Mtanda se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, getref dat ‘n spesiale landdros van George die saak sal aanhoor en dat ‘n datum, 23 Mei 2017, vir die verhoor bepaal is.

Mtanda het die vrou glo in Langenhovenweg opgelaai en hulle is met die staatsvoertuig na die Rooiheuwelpad.

Na bewering het die polisiebeampte glo nie geld by hom gehad nie en twee dossiere aan haar gegee as versekering dat hy haar die volgende dag sou betaal.

Daar word beweer dat Mtanda die vrou weer in Langenhovenweg afgelaai het, en sy toe ‘n ander polisiebeampte oor die beweerde voorval ingelig het.
Mtanda is op waarskuwing en die saak is Dinsdag deur landdros Roelf Konstabel uitgestel. (Berig deur Garnett Wicomb)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?