Polisie vind R3,2 miljoen se tik in motor op Oudtshoorn

unnamed (2)

Die Oudtshoorn Polisie het gistermiddag vier mans in hegtenis geneem nadat R3,2 mijoen se tik in die bagasiebak van ‘n motor gevind is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die tik gevind in ‘n motor met vier mans wat uit George se rigting gekom en by die dieseldepot naby die ingang van Oudtshoorn stilgehou het. Die polisie het pakkies in tinfoelie toegedraai in die bagasievak gevind wat tik bevat het. Sowat 10,3 kg tik is gevind.

Die mans is in die Oudtshoorn Polisiekantoor aangehou en sal môre in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Daar word vermoed die tik was bestem vir Kaapstad.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?