Pa, dogter met erge brandwonde na Kaapse hospitale

Mentolene Goliath wat steeds in die Rooikruis Hospitaal in Kaapstad is. Foto verskaf

Mentolene Goliath wat steeds in die Rooikruis Hospitaal in Kaapstad is. Foto verskaf

Nathan Oktober wys die brandwonde aan sy arms. Foto: Ilze-Mari Gründling

Nathan Oktober wys die brandwonde aan sy arms. Foto:
Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N SEWEJARIGE meisietjie van Oudts­­hoorn is steeds in die Rooikruis Hospitaal in Kaapstad nadat haar ouers se plakkers-hut in Kanaalweg op 1 Maart afgebrand het.

Mentolene Goliath het ernstige brandwonde opgedoen en so ook haar pa, Nathan Oktober (39), wat self ’n maand en drie weke in die Tygerberg Hospitaal was waar hy veloorplantings ontvang het.

Die gesin het alles wat hulle besit het in die brand verloor.

Oktober vertel dat hy geslaap het toe die brand uitgebreek het.

“My dogter het my wakker gemaak en gesê: ‘Pa, ons brand’. Ek het haar gegryp en ons gesin het ontsnap. Teen daardie tyd het ek en my dogter ernstige brandwonde opgedoen.”

“My dogter is nog steeds by Red Cross. Haar wonde is baie ernstig. As dit nie vir haar was nie, was ons nie nou hier nie.

“My bed het klaar aan die brand ge­slaan toe sy my wakker maak.”

Oktober en sy vriendin, Mina Goliath, bly tans by vriende en familie, maar hy sê hulle benodig regtig hulp.

“Ons het alles verloor. Ons moet nou van voor af begin.

“My dogter, ’n leerder by Bergsig Primêr, benodig klere en skryfbehoeftes.

“Ons het nie meer besittings nie. Ons het niks nie.”

Oktober vertel ook dat hy fisioterapie nodig het om weer sy hande te kan gebruik sodat hy weer sal kan werk.

Vir enige donasies of navrae, kontak apostel Phillip Olyn by 074 227 3837.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?