Oudtshoorniete wil Maandag dorpsingange blokkeer

Oudtshoorn se ingang vanaf Mosselbaai/Calitzdorp. Foto: Liesel le Roux

Oudtshoorn se ingang vanaf Mosselbaai/Calitzdorp. Foto: Liesel le Roux


‘N GROEP Oudtshoorniete beoog om Maandag die ingange na Oudtshoorn met voertuie te blokkeer as ‘n simbool van vreedsame protes teen die regering se gebrek aan optrede teen plaasmoorde in Suid-Afrika.

Volgens Deon (Bossie) Bosman, ‘n sakeman van Oudtshoorn wat dié beoogde optrede geïnisieer het, is die plan dat die dorpsingange vanaf De Rust/Dysselsdorp, George en Mosselbaai/Calitzdorp tussen 12:00 en 13:00 Maandag deur voertuie geblokkeer sal word. Bosman het vanoggend gesê hy beoog om vandag gesprek te voer oor die beoogde optrede met die polisie en verkeersdienste.

Bosman sê hy hoop dat Oudtshoorniete deur dié optrede kan meehelp om die aandag te vestig op die plaasmoorde. HY het inwoners ook gevra om Maandag swart te dra.

Log in with your credentials

Forgot your details?