Oudtshoorn Rotariërs huldig nuwe president in

Suné Rupping (middel) wat as die nuwe president van die Oudtshoorn Rotariërs ingehuldig is. By haar is Robert Fenthum (links) wat as 'n Rotariër ingehuldig is, en Philip Goets, uittredende president.

Suné Rupping (middel) wat as die nuwe president van die Oudtshoorn Rotariërs ingehuldig is. By haar is Robert Fenthum (links) wat as ‘n Rotariër ingehuldig is, en Philip Goets, uittredende president.

Die Vriende van die Oudtshoorn Rotariërklub wat sertifikate ontvang het, is van links Fanie Fourie, Driekie en Frik Geyser, Liza en Blain de Villiers, Skillie en Petra Pretorius, Donna-Lida en Danie van der Berg, Dulari Tait en Kobus Spies.

Die Vriende van die Oudtshoorn Rotariërklub wat sertifikate ontvang het, is van links Fanie Fourie, Driekie en Frik Geyser, Ilse en Blain de Villiers, Skillie en Petra Pretorius, Donna-Lida en Danie van der Berg, Dulari Tait en Kobus Spies.

By ‘n deftige onthaal op Woensdagaand, 14 Junie 2017, by Millenniumpark Aftreeoord in Noordstraat, Oudtshoorn, is Suné Rupping ingehuldig as nuwe president van die Oudtshoorn Rotariërs.

Suné is die tweede vrou wat as president van Oudtshoorn Rotariërs ingehuldig is en een van die jongstes nog.

By dieselfde geleentheid is Robert Fenthum as nuwe lid van die Rotariërklub ingehuldig.

Vriende van die Oudtshoorn Rotariërs, ‘n nuwe instelling by die klub, het ook hul sertifikate ontvang. Hulle is Fanie Fourie, Frik en Driekie Geyser, Blain en Ilse de Villiers, Skillie en Petra Pretorius, Danie en Donna-Lida van der Berg, Dulari Tait en Kobus Spies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?