Oudtshoorn eerste in Wes-Kaap om 1 600 wonings met dié elektrisiteit te bemagtig

Nou het sy lig in haar huis, sê Elizabeth Gericke van Volmoed.

Nou het sy lig in haar huis, sê Elizabeth Gericke van Volmoed.

[caption id="attachment_13251" align="alignnone" width="709"]Burgemeester Colan Sylvester (naasregs) skakel vanoggend die sonkrag aan by die Pierewiet Kleuterskool in Volmoed. By hom van links is Carlo Smit van Specialised Solar Systems, Beverley Josephs, opvoeder van die kleuterskool, en Corrie Greeff, hoof van die elektriese afdeling by die munisipaliteit. Burgemeester Colan Sylvester (naasregs) skakel vanoggend die sonkrag aan by die Pierewiet Kleuterskool. By hom van links is Carlo Smit van Specialised Solar Systems, Beverley Josephs, opvoeder van die kleuterskool, en Corrie Greeff, hoof van die elektriese afdeling by die munisipaliteit.

Kleingoed van die Pierewiet Kleuterskool in Volmoed wat ook nou by sonkrag baat.

Kleingoed van die Pierewiet Kleuterskool in Volmoed wat ook nou by sonkrag baat.

[caption id="attachment_13250" align="alignnone" width="709"]KInders en 'n hond voor een van die huise in Volmoed wat nou ook by sonkrag baat. KInders en ‘n hond voor een van die huise in Volmoed wat nou ook by sonkrag baat.

’N SONKRAGPROJEK wat reeds basiese elektrisiteit aan sowat 1 660 wonings in die Groter Oudtshoorn bied, is vanoggend amptelik op Volmoed buite Oudtshoorn geloods.
Die Oudtshoorn Munisipaliteit is die eerste munisipaliteit in die Wes-Kaap wat betrokke geraak het by dié landwye projek van die Departement van Energie om “off the grid”-krag te voorsien aan wonings waar Eskomkrag nie beskikbaar is nie.
Die sonkragprojek bied vir elk van die huise krag vir ses binneligte, twee buiteligte, ’n selfoonlaaifasiliteit, ’n koppelpunt vir ’n radio asook vir ’n TV.

Daar is ook die opsie vir inwoners om teen ’n koste ekstra sonpanele en batterye te laat installeer sodat ook byvoorbeeld ’n yskas gekoppel kan word.
Corrie Greeff, hoof van die elektrisiteitsafdeling van die munisipaliteit, sê hulle het twee jaar gelede betrokke geraak by die projek vir landelike inwoners wat nie toegang het tot Eskomkrag nie en ook nie Eskomkrag kan bekostig nie. Die munisipaliteit het ’n voorlegging aan die Departement van Energie gestuur wat deur die departement goedgekeur is vir die befondsing van 660 huise. ’n Tweede voorlegging daarna vir nog 1 000 huise is ook goedgekeur en deur die departement befonds.
Oor die afgelope twee jaar is huise in Dysseldorp, Matjiesrivier, Volmoed, Lategansvlei en Vlakteplaas tot by Welbedacht met dié basiese sonkrag toegerus.
(Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?