Oud-onderwyser van Dysselsdorp agter tralies nadat hy nie toesigvoorwaardes nakom nie

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
Deur Garnett Wicomb
‘n Oud-onderwyser van Dysselsdorp, wat verlede jaar aan seksuele aanranding skuldig bevind is, is agter tralies nadat hy nie sy korrektiewe toesigvoorwaardes nagekom het nie.
Andries Jacobs is daaraan skuldig bevind dat hy ‘n 12-jarige graad 6-leerder van die St Konrad Primêre Skool in Februarie 2015 betas het. Hy is toe ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar gevangenisstraf opgelê met 24 maande korrektiewe toesig.
Hy het by verskeie geleenthede van sy toesigvoorwaardes verbreek en die res van die vonnis, 248 dae, is eergister deur streeklanddros Daniel Boks in direkte gevangenisstraf omskep.
Jacobs het erken dat hy ‘n drankprobleem het.
Die landdros het met vonnisoplegging in 2016 gemeenskapslede van Dysselsdorp wat die hofsaal ter ondersteuning van Jacobs volgepak het, berispe asook sy voormalige kollegas wat ‘n ondersteuningsbrief aan die hof gestuur het.
Volgens hom is Jacobs, wat ‘n ernstige misdryf teenoor ‘n minderjarige gepleeg het, ondersteun terwyl die kind, ironies, vergeet word.
Jacobs se oorspronklike vonnis was vyf jaar tronkstraf wat in geheel voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is asook 24 maande korrektiewe toesig ingevolge Artikel 276 (1) (h) wat behels huisarres, 24 uur per dag, vir die volle twee jaar, uitsluitend vir werk en kerkdoeleindes.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?