Oud-amptenaar weer in 2018 voor

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n voormalige assistent-superintendent van die Oudtshoorn Munisipaliteit, wat van bedrog en korrupsie aangekla word, is in die Oudts­hoorn Streekhof vir verdere verhoor tot volgende jaar uitgestel.

Die 51-jarige Frikkie van Staden, wat verant­woor­delik was vir onder andere die instandhouding van paaie, is in Februarie vanjaar deur die Valke in hegtenis geneem.

Hy het na bewering tussen Maart 2011 en Julie 2014 die Oudtshoorn Munisipaliteit onregmatig beïnvloed om werk te verskaf aan ’n beslote korporasie, Kamvelihe General Trading. Kamvelihe het aan sy skoonsuster, Francis Booysen, behoort.

Die munisipaliteit het na bewering verliese van byna R2 miljoen gely.
Van Staden pleit onskuldig op al die aanklagte en ontken dat hy enige geld van Kamvelihe of Booysen ontvang het.

Die saak is na die getuienis van die ondersoekbeampte deur streeklanddros Neels Nortje tot 19 Februarie 2018 uitgestel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?