Onthou, water lok slange

nuus

MENSE lok niksvermoedend slange na hul huise deur water wat buite die huis beskikbaar is, sê een van Oudts­hoorn se slangkenners, Rian Stander.

Stander sê hy het die naweek ’n Kaapse Kobra uit Bruwerstraat verwyder tussen die hondehok en die hond se waterbak.

“Toe ek die slang vang, het daar water by sy bek uitgekom wat hy uit die waterbak gedrink het.”
Stander sê mense moet onthou dit is somer en slangtyd in die Klein Karoo. Kaapse kobras, boomslange en pofadders is dié tyd van die jaar volop.

Slangkenners van die streek gee die volgende belangrike wenke:
• Moenie ’n slang probeer doodmaak, vang of aan dit vat nie. ’n Slang sal homself verdedig as hy bedreig voel.
• Hou ’n oog op die slang tot hulp opdaag.
• As die slang in u huis is: Maak die deure en vensters toe om te verhoed dat hy ontsnap.
• Stel u bure in kennis van ’n slang op hul erf en dat hulp op pad is.
• Hou kinders en diere weg van die slang af.
• Moenie paniekbevange raak nie.

Kontak: Rian Stander by 082 823 2183 (na-ure of naweke) of die Oudtshoorn Nooddienste by 044 203 3147.

Hou hierdie kontaknommers byderhand!

Onthou slange speel ’n belangrike rol in die natuur en vir daardie rede is hulle ’n beskermde spesie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?