Nou meer paraat as rampe kom

Nuwe brandweerwa en kragopwekker vir Oudtshoorn

Bo: By die oorhandiging van ’n nuwe Hino-brandweerwa aan die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit was van links Louw van der Westhuizen van Hino George, Brandon Woolley van Ramcom Trucks wat die trok omgebou het sodat dit as brandweerwa kan dien, Mornay Thysse (brandbestryder), Ewa Fortuin (raadslid), Johan Meintjies (hoof brand- en reddingsdienste), Noluthando Mwati (onder-burgemeester), Hendrik Ruiters (raadslid vir gemeenskapsdienste), Murray-Wayne Konnie (bestuurder brandweer), Thomas Matthee (direkteur gemeenskapdienste) met die burgemeester, Colan Sylvester, agter die nuwe brandweerwa se stuur.                        Links: Sylvester ontvang die nuwe kragopwekker van Santam se Simon Morilly.  Foto’s: Liesel le Roux

Bo: By die oorhandiging van ’n nuwe Hino-brandweerwa aan die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit was van links Louw van der Westhuizen van Hino George, Brandon Woolley van Ramcom Trucks wat die trok omgebou het sodat dit as brandweerwa kan dien, Mornay Thysse (brandbestryder), Ewa Fortuin (raadslid), Johan Meintjies (hoof brand- en reddingsdienste), Noluthando Mwati (onder-burgemeester), Hendrik Ruiters (raadslid vir gemeenskapsdienste), Murray-Wayne Konnie (bestuurder brandweer), Thomas Matthee (direkteur gemeenskapdienste) met die burgemeester, Colan Sylvester, agter die nuwe brandweerwa se stuur.
Onder: Sylvester ontvang die nuwe kragopwekker van Santam se Simon Morilly. Foto’s: Liesel le Roux

7 Nuwe kragopwekker

Deur Liesel le Roux
DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se vermoë om paraat te wees in noodsituasies het Dinsdag ’n hupstoot gekry toe ’n groot kragopwekker en ’n nuwe brandweerwa aan die munisipaliteit oor­handig is.
Die kragopwekker, ’n skenking van Santam aan die munisipaliteit, stel die Oudtshoorn Brand­weerstasie in staat om 24 uur van die dag tydens rampe te kan funksioneer.

Volgens dr Sandra Greyling van die Nasionale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, maak die skenking deel uit van vennootskappe tussen privaat-besighede en die regering en spits Santam hulle daarop toe om munisipaliteite by te staan waar hulp en ondersteuning nodig is. Die kragopwekker het nagenoeg R250 000 gekos en vervang ’n ou kragopwekker wat volgens die brandweerhoof, Murray-Wayne Konnie reeds etlike dekades oud is.

Die brandweerwa is van Hino in George aangekoop waarna dit deur Ramcom Trucks omgebou is in ’n brandweerwa. Dié taai voertuig, wat in Suid-Afrika gebou is, kan 4 000 liter water dra, is vierwielaangedrewe en geskik vir rowwe terrein maar ook op die teerpad. Volgens Louw van der Westhuizen van Hino George is die Dakar-uithourit reeds 10 keer deur ’n Hino-trok gewen.

Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, het gesê die kragopwekker en brand­weerwa is noodsaaklike en welkome toe­voegings wat sal meehelp om lewens te red en te beveilig, en bied noodsaaklike kapasiteit aan die dorp se brand- en reddingsdienste.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?