Nog twee slaan om in Poort

Lusernbale lê gestrooi langs die pad waar ’n groot vragmotor Sondag in Meiringspoort om ’n draai (foto regs) omge­slaan en teen ’n boom beland het. Bo is skoonmaaakpersoneel besig om die terrein op te ruim.  Foto: Schalk le Roux

Lusernbale lê gestrooi langs die pad waar ’n groot vragmotor Sondag in Meiringspoort om ’n draai (foto onder) omge­slaan en teen ’n boom beland het. Bo is skoonmaaakpersoneel besig om die terrein op te ruim. Foto: Schalk le Roux

1 Trokmet bale en draai

Deur Liesel le Roux
NOG twee voertuie het die naweek om draaie die pad byster geraak in Meiringspoort naby De Rust. In beide gevalle het die bestuurders na bewering beheer oor die voertuie verloor.

’n Iveco-vragmotor met twee sleepwaens vol lusern het Sondag omstreeks 13:08 by Ou Tol in Meiringspoort van die pad geloop, omgeslaan en teen ’n boom tot stilstand gekom.

Die bestuurder, Johannes Bester van Velddrift, is per ambulans na die Oudtshoorn Hospitaal geneem waar hy vir ’n enkelfraktuur behandel is.

Volgens kapt Gert Fourie, stasiebevelvoerder van die De Rust Polisie, het Bester gesê hy het beheer oor die voertuig verloor.

Saterdag het ’n motor by Perskeboomdrif in Meiringspoort van die pad geloop.

Fourie sê Karel en Edeona Fortuin van Beaufort-Wes se Toyota Corolla het omstreeks 08:00 van die pad geloop en in die rivier beland.

“Mnr Fortuin het agter ’n vragmotor in ’n noor­delike rigting van Beaufort-Wes na De Rust gery. Volgens hom is hy onseker oor wat gebeur het dat die kar omgeslaan en in die rivier beland het. Die voertuig het heelwat skade opgedoen.”

Edeona is beseer en die oggend vir sagteweefselbeserings in die Oudtshoorn Hospitaal behandel.
Die twee ongelukke volg minder as ’n week nadat ’n diesel-tenkwa verlede Dinsdag om ’n draai in Meiringspoort omgeslaan en sowat 42 000 liter diesel gestort het. Sowat 35 000 liter daarvan het in die Grootrivier wat deur Mei­ringspoort vloei, beland.

• Daar was ook ’n botsing Sondag op die N12 tussen Oudtshoorn and De Rust.
Volgens Fourie het die botsing omstreeks 07:15 plaasgevind toe ’n Ford Figo die waentjie agter ’n Mercedes getref het. Die Ford Figo het heelwat skade opgedoen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?