Naam bekend van slagoffer van stootskraper

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie het die naam bekend gemaak van die man wat verlede Donderdag op die munisipale stortingsterrein op Oudtshoorn dood is nadat ’n stootskraper oor hom gery het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die oorledene Joseph Goliath (47) van Bongulethu. Sy sê hy het na bewering in die pad gelê toe ’n stootskraper agteruit oor hom gery het.

Hy is op die toneel oorlede.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die stootskraper bo-oor Goliath se skedel gery en het hy veelvuldige beserings opgedoen.

Goliath was klaarblyklik op die stortingsterrein om soos baie ander mense daar deur die vullis te sif.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?