Moord op jong vrou van Ladismith ondersoek

Deur Liesel le Roux
’N 22-JARIGE man van Ladismith verskyn vandag (26 April)) in die Ladismith Landdroshof in verband met die moord op die 25-jarige Sheree Schoeman wat Saterdag in die vroeë oggendure naby ’n skuur op die plaas Waterkloof gevind is.

Die plaas is sowat 2 km buite Ladismith waar Schoeman en die verdagte glo in die omgewing van die Parmalat-kaasfabriek gewoon het.

Hulle het glo ’n verhouding gehad.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is die polisie omstreeks 03:56 in kennis gestel dat die liggaam van ’n vrou daar lê.

“Met aankoms van die Polisie is gevind dat ’n vrou op haar rug lê. Sy is op die toneel dood verklaar.”

’n Lykskouing sou gister gehou geword het om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Die uitslag van die lykskouing was teen spertyd nog nie bekend nie.

Monray Lekay (22) het Maandag ook reeds in die Ladismith Landdroshof verskyn in verband met die moord.

Log in with your credentials

Forgot your details?