Misdaad: Styging in roof, dwelmverwante en seksuele oortredings

Layout 1
Deur Liesel le Roux
DIE misdaadsyfers vir die tydperk vanaf April 2016 tot Maart 2017 toon op Oudtshoorn ’n styging in veral dwelmverwante misdade, roof en seksuele oortredings. Dié misdaadsyfers vir Suid-Afrika is verlede week bekend gemaak met die statistiek in ’n aantal gekose kategorieë.

Misdaad waarin daar in Oudtshoorn ’n toename was in vergelyking met dieselfde tydperk in die voorafgaande jaar is onder meer dwelmverwante misdade (1 069 tot 1 589), roof (208 tot 252), roof met verswarende omstandighede (123 na 182), roof by wonings (12 tot 14) en besighede (9 tot 24), seksuele oortredings (68 tot 115), verkragting (45 tot 70), seksuele aanranding (18 tot 36), die onwettige besit van wapens (8 tot 11), veediefstal (19 tot 29), motor- en motofietsdiefstal (11 tot 13) en handelsmisdaad (104 tot 111).

Daarteenoor was daar ’n afname in inbrake by woonplekke (704 tot 557) en besighede (290 tot 237), moord (15 tot 14) en poging tot moord (14 tot 10), dronkbestuur (79 tot 72), winkeldiefstal (195 na 177), diefstal uit voertuie (409 tot 392).

Soos tydens vorige jare was daar geen kapings in Oudtshoorn van vragmotors nie, geen transito-rooftogte nie en geen bankrowe nie. Daar was wel een motorkaping teenoor twee die vorige jaar.

Laastens, iets om almal aan die dink te sit. Volgens die webblad http://www.crimestatssa.com/ is die totale aantal misdade vir 2017 in Oudtshoorn en sy buurdorpe (slegs in die gekose kategorieë) die volgende : Oudtshoorn: 12 025; George: 10 900; Mosselbaai: 5 107; Knysna: 10 988; Calitzdorp: 1 125; De Rust: 787; Prins Albert: 1 107, Dysselsdorp: 1 403 en Ladismith: 1 702.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?