Mense ontruim langs Grobbelaarsrivier met vloedwater op pad


VLOEDWATER is op pad Oudtshoorn toe nadat swaar reën in onder meer die De Hoek-omgewing geval het.

Volgens Jean Botha wat die Cango Caves Estate bedryf, is sowat 50 beeste weg en vermoedelik deur vloedwater weggespoel op die plaas waar die Cango Caves Estate geleë is.

Lorette Spies van De Oude Meul in Schoemanshoek het kort gelede gesê hulle is gewaarsku dat vloedwater op pad is na hulle toe en dat hulle ‘n plan sal moet maak om feesgangers oor die rivier na De Oude Meul te kry wanneer die rivier oor die toegangsbrug spoel.

Ontruimings is ook volgens ‘n woordvoerder van die Gesamentlike Operasiesentrum (GOS) by die KKNK tans aan die gang in die Rivierbuurt waar heelwat KKNK-stalletjies geleë is en elders langs die rivier waar feesgangers in tente bly.

Meiringspoort naby De Rust is ook vroeër vandag vir verkeer gesluit.

Log in with your credentials

Forgot your details?