Marli trotseer ’n 2de orkaan

Marli van Wyngaard, Chris Roux en Katryn.  Foto: Facebook

Marli van Wyngaard, Chris Roux en Katryn.
Foto: Facebook

Deur Liesel le Roux
’N TWEEDE orkaan en erge verwoesting op ’n ander eiland. Dit is wat die oud-Struisie Marli van Wyngaard Dinsdag beleef het nadat sy twee weke gelede ook moes ervaar hoe ’n orkaan die eiland waarop sy gewoon het, bykans platgevee het.

Marli is die dogter van Stronkie en Petra van Wyngaard van Oudtshoorn. Sy en haar vriend Chris Roux en hul hond Katryn het Dinsdag die orkaan Maria op ’n ander eiland ingewag nadat hulle nie kans gesien het om Katryn agter te laat as hulle iewers heen sou vlieg nie.

Die Hoorn het verlede week berig oor Marli, die bedryfsbestuurder van Trade­Winds – ’n firma wat luukse seiljagte verhuur, en haar kollegas se traumatiese ervaring toe die orkaan Irma die eiland Tortola waar hulle gewoon het, twee weke gelede verwoes het. Dinsdag egter het ’n volgende orkaan, Maria, die eiland van St Kitts getref waar­heen Marlie en Chris, die basisbestuurder van TradeWinds, en ander bemanningslede ontruim is na die verwoesting van Tortola.

Marli het vroeër die week vertel dat sy en Chris al vyf jaar op die Karibiese Eilande woon, en dat Irma en Maria die eerste orkane is wat hulle in dié vyf jaar tref. “Ons is nog elke jaar goed voorbereid op ’n moontlike orkaan, maar het nog net drie tropiese storms beleef.”

Hulle het Dinsdag in ’n hotel geskuil en voor die tyd genoeg kos gekook en water vergader sodat kragonderbrekings hulle nie sou pla nie. Katryn was by hulle. “Die hotelle is wonderlik en gee nie om dat ons haar by ons hou nie. Sy verstaan glad nie wat aangaan nie, maar is gelukkig baie soet.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?