Man vas met motorfietswiele

 

 

Die motorfietswiele wat die polisie gevind het en wat vermoedelik gesteel is.            Foto verskaf

Die motorfietswiele wat die polisie gevind het en wat vermoedelik gesteel is. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
’N JONG man is Maandagoggend omstreeks 10:20 in Eerste Laan in Oudtshoorn-Noord met vermoedelike gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die polisie inligting ontvang van ’n persoon wat vermoedelik gesteelde goedere in sy besit het.

Twee motorfietswiele asook dele van ’n motorfiets is in sy besit gekry.

Volgens Michaels het die 23-jarige man weggehardloop toe hy die polisie gewaar, maar is hy gevang en in hegtenis geneem.
Hy sal môre (Vrydag) in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn.

• Kapt Wynand du Plessis, sektorbevelvoerder van Oudtshoorn-Noord, het inwoners gemaan om ’n saak van diefstal by die polisie te open indien hul eiendom vermis word.

Log in with your credentials

Forgot your details?