Man skuldig aan aanranding van speaker

DIE man wat daarvan aangekla is dat hy die speaker van Kannaland, Aletta Theron, in November 2017 tydens ’n raadsvergadering aangerand het, is gister (4 Julie 2018) in die Ladismith Landdroshof skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding.

Arrie May  is ook skuldig bevind op ’n aanklag van crimen injuria.

Landdros Marius Nel het bevind dat May vir Theron deur sy optrede verneder en haar mens­waardigheid aangetas het.

May is tot ’n boete van R1 000 of vyf maande gevangenisstraf gevonnis vir die twee aanklagte van aanranding, en ’n opgeskorte vonnis van R1 000 of vyf maande gevangenisstraf opgelê vir die aanklagte van crimen injuria.

Beeldmateriaal van die voorval, wat met ’n sel­foonkamera geneem is en in die hof getoon is, wys  hoe May ’n beker water in Theron se gesig gooi.

Die landdros het bevind dat May geen rede gehad het om Theron aan te val en te beledig nie en dat hy geen berou getoon het oor die voorval nie.

Ian Avontuur woordvoerder van die Kannaland Munisipaliteit, het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom.

“Die munisipaliteit hoop dat dit ’n duidelike boodskap sal uitstuur dat aanranding en aanvalle op verkose raadslede nie geduld sal word nie,” het hy gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?