Man kry ses jaar vir roof en seksuele aanranding

Landdroshof-Oudtshoorn

’N MAN (41) van Dysselsdorp wat aan menseroof en seksuele aanranding van ’n minderjarige meisie skuldig bevind is, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof ses jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Jack Schoeman se weergawe dat hy op 14 Desember 2014 deur die 13-jarige meisie huis toe gehelp is omdat hy baie dronk was, is deur streeklanddros Daniel Boks as vals en leuenagtig verwerp. Die hof het getuienis van verskeie staatsgetuies aangehoor wat die teendeel bewys het.

Schoeman het volgens die landdros ten spyte van die verdoemende getuienis steeds volgehou dat hy onskuldig is en geen teken van berou getoon nie. Die landdros het die twee aanklagte vir vonnis saamgeneem.

Die hof het ook gelas dat Schoeman se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem moet word.

• Schoeman is op 5 April ingevolge Art 276 (1) (i) tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy aan aanranding om ernstig te beseer skuldig bevind is. Hy het ‘n elfjarige seuntjie met ’n stuk pyp geslaan nadat kinders hom glo geterg het. (Berig deur Garnett Wicomb)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?