Man in hof vir wrede dood van Deidri Opperman (16) van De Rust

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen Clifton Booysen (28) van De Rust wat van die moord op Deidri Opperman (16), ook van De Rust, aangekla word, is Vrydag in die Oudtshoorn Landdroshof vir ‘n borgprofiel en borgaansoek tot volgende week uitgestel.

Booysen is op Dinsdag 5 September in hegtenis geneem nadat die verminkte en verbrande liggaam van Opperman die Maandag langs die N12 oos van Blomnek, De Rust gevind is.
Sy is op Saterdagaand 2 September laas lewend gesien toe sy na vriende se bring-en-braai gegaan het.

Haar familie het haar die Sondagaand as vermis by die polisie aangemeld en haar halfnaakte lyk is die volgende dag agter digte bosse gevind. Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het sy veelvuldige kopbeserings opgedoen en is ‘n bloedbevlekte klip naby haar liggaam gevind.

Dedri was tot in Mei vanjaar ‘n Gr 8 leerder aan die Hoërskool De Rust maar het daarna opgehou skoolgaan.

‘n Groot aantal vroue het Booysen se hofverskyning bygewoon ter ondersteuning van die oorledene se familie.

Landdros Roelf Konstabel het Booysen gewaarsku dat hy tereg staan op ‘n ernstige klagte en die saak vir ‘n bogprofiel en borgaansoek tot 19 September uitgestel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?