‘Makliker om in yswater te oorleef’

DIE HOORN het ’n paar vrae gestel aan dr Wessel Vermeulen, ’n algemene praktisyn van Oudts­hoorn, oor die voorval.

Die Hoorn: Dit is klaarblyklik makliker om te oorleef as jy in sulke ysige water val soos in Abigail se geval?

Vermeulen: Ja, dit is baie waar. Daar is gevalle be­skryf in Alaska en die VSA waar mense lank in ysige water onderdompel is en oorleef het.

2. Die Hoorn: Die ma het onmiddellik nadat sy die kind uit die water gehaal het, mond-tot- mond-asemhaling toegepas “soos sy op TV ge­sien en in boeke gelees het”. Kommentaar?

Vermeulen: Dit was absoluut lewensreddende optrede gewees – so belangrik. Wys jou die media red lewens met inligting. As jy nie ’n pols voel nie, kan kardiale massering, dws volledige kardio-pulmonale ressussitasie, ook dadelik begin word. Belangrikste is om nie moed op te gee nie, maar vol te hou tot mediese hulp opdaag, selfs al vervoer jy die pasiënt.

3. Die Hoorn: Die ma het met die kind huis toe gehardloop, haar onder ’n warm stort gehou, toegedraai en in die son met haar gaan sit.

Vermeulen: Sy het ook hier haar kop gebruik.

Volgens dr Vermeulen moet hy saamstem met sy kollega wat na Lizzie Hendriks as ’n held verwys het.

“So ’n mooi storie met so ’n mooi einde. Hoe meer mense dit lees, hoe meer mense word dalk daardeur gered!”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?