Maggie moet wag tot Valentynsdag

Preston Titus-moordsaak

1 Maggie blond kort 1 Maggie rooi lank

Maggie Titus se verskillende haarstyle trek ook in die hof die aandag, net soos dit nog altyd gedoen het en dié foto’s op haar Facebook-profiel toon.

Maggie Titus se verskillende haarstyle trek ook in die hof die aandag, net soos dit nog altyd gedoen het en dié foto’s op haar Facebook-profiel toon.

Deur Garnett Wicomb
DIE sake teen Maggie Titus, vrou van die vermoorde soldaat, Preston Titus, en haar boesemvriendin, Nasthasia Stuurman, is Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof vir formele borgaansoeke tot Woensdag, 14 Februarie, uitgestel nadat nuwe regsverteenwoordigers deur albei aangestel is.

Titus het ’n prokureur van Kaapstad, Joshua Greeff, en Stuurman vir Chris Morgan van Jeffreysbaai aangestel. Morgan het tyd gevra om met Stuurman te konsulteer terwyl Greeff gereed was om met Titus se borgaansoek voort te gaan, maar ingestem het dat dit beter sal wees indien die twee se borgaansoeke op een dag op die hofrol geplaas word.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade en die besit van gevaarlike wapens.

Titus het volgens haar motor-bestuurder, Sixabiso Klip, wat reeds ná ’n pleitooreenkoms met die staat 15 jaar tronkstraf opgelê is, aan die vermeende moordenaars van haar man elkeen R30000 betaal.

Die borgaansoeke sal deur landdros Errol Thomas aangehoor word.

• ’n Goed versorgde Titus, wat bekend is vir die aandag wat sy skenk aan haar uitrustings, juwele en hare, het in die hof verskyn met ’n nuwe rooi “weave” en goue juweliersware by ’n wit en blou somersrok. ’n “Weave” is die invleg van regte of kunsmatige hare in ’n persoon se bestaande hare. By haar vorige verskyning op 22 Januarie het sy ’n donkerkleurige krullerige pruik gedra.

Log in with your credentials

Forgot your details?