Ladismith Polisie vind R250 000 se dagga by padblokkade

Een van die sakke dagga wat gevind is. Foto verskaf

Een van die sakke dagga wat gevind is. Foto verskaf


DIE Ladismith Polisie het gister (Donderdag 29 Junie 2017) by ’n padblokkade by Seweweekspoort beslag gelê op drie sakke dagga met ’n straatwaarde van R250 000. Die dagga wat gevind is, se gewig was 150 kg.
A/o Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, sê 150 kg dagga is agterop ’n wit Mazda Rustler-bakkie in drie wit seilsakke gevind. Die seilsakke was binne-in twee swartsakke en ’n grys sak toegedraai.
Volgens Cederas is twee persone, onderskeidelik 27 en 37 jaar oud in hegtenis geneem.
Hy sê die polisie het die padblokkade op die grondpad na Seweweekspoort opgestel op grond van inligting wat hulle ontvang het.

Die verdagtes het vandag in die Ladismith Landdroshof verskyn op ’n klagte van die handeldryf in dagga. (Berig deur Liesel le Roux)

Log in with your credentials

Forgot your details?