Kranse vir Preston Titus

• Familie en vriende besoek moordhuis

Preston Titus se moeder, Murial  (in  pienk) en sy suster Cindy Wildschut (in blou) by die kranslegging by die huis waar hy gewoon en gesterf het. Op die foto links is van die belangstellendes wat ook daar was. Foto’s: Garnett Wicomb

Preston Titus se moeder, Murial (in pienk) en sy suster Cindy Wildschut (in blou) by die kranslegging by die huis waar hy gewoon en gesterf het. Op die foto links is van die belangstellendes wat ook daar was. Foto’s: Garnett Wicomb

1 Kransleggng by Preston Titus-huis

WYLE Preston Titus se moeder en suster was Woensdag onder ’n groep mense wat kort ná 16:00 die huis waar hy gewoon en vermoor is op Oudts­hoorn besoek het om kranse te lê. Titus sou Dinsdag sy 48ste verjaardag gevier het.

Sy moeder Murial Titus, sy suster, Cindy Wildschut, en ’n baie goeie vriend van hom, James Dido, was onder die talle mense by die kranslegging. Hulle het vroeër die dag die borg­aansoek van Magdaleen Titus in die Oudtshoorn Streekhof bygewoon. Die borgaansoek is Donderdag in die hof voortgesit.

Magdaleen Titus staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en die besit van gevaarlike wapens.

Murial Titus het tydens die kranslegging Oudtshoorniete bedank vir hul ondersteuning asook vir al die moeite wat gedoen word om die skuldiges aan die pen te laat ry.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?