Jong onderwyser en ma van twee jong kinders sterf

Verda Goliath (26). Foto verskaf

Verda Goliath (26). Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
“VERDA was liefdevol. Sy was altyd daar vir haar familie en was lief om ander mense te help. Sy het diep spore in almal se lewens getrap.”

So sê Granwille Goliath, broer van die 26-jarige Verda Goliath wat onverwags op Dinsdag (24 Oktober) in die Mediclinic George gesterf het.

Verda, ’n oud-leerder van Bridgton Senior Sekondêr wat op Oudtshoorn grootgeword het, het twee weke voor haar dood longontsteking gekry. Haar toestand het egter vinnig verswak en sy is kort nadat sy in die hospitaal opgeneem is, oorlede.

Verda was die ma van twee jong kinders, Liaan (6) en Chelsea (10 maande), en het die afgelope paar jaar op George gewoon en as onderwyser by Heidedal Laerskool gewerk.

Granwille sê sy sus­ter was baie beskermend oor haar kinders en familie.

“Sy was ’n sagte persoon met ’n mooi persoonlikheid, vriendelik, trots en opreg. Die mooiste blom is gepluk deur ons Skepper, maar ons gun haar die rus en weet dat sy nou sonder pyn is. Ons het nou ’n engel in die hemel.”

Verda word oorleef deur haar twee kinders, haar ouers Benjamine en Annie Goliath van Oudtshoorn, asook haar suster Brumilda en drie broers, Granville, Brandon en Breyton Avontuur.

Sy word Saterdag om 10:00 vanuit die Bridgton UCCSA-kerk begrawe.
Familie en vriende sal om 09:00 by die Goliath-familie se huis te Kiewietjielaan 288 by­mekaar kom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?