Joe Foster se nuwe liedjie Vrede Maak nóú net op JOOX

                                       Joe Foster se nuwe liedjie Vrede Maak nóú net op JOOX

Die sanger en liedjieskrywer Joe Foster se musiekvideo van sy nuwe enkelsnit, Vrede Maak, is pas opgeneem. Foster het die enkelsnit eksklusief op die JOOX-musiekstroom app aan sy aanhangers beskikbaar gestel.

Oor die nuwe snit sê Foster: “’n Mens maak seer met woorde en juis oor daardie rede kan ’n mens nie altyd met woorde jammer sê nie, maar eerder vergifnis vra deur iemand net vas te hou.”

Hy het gesê hy het JOOX gekies want hy is oortuig dit is baie belangrik is om deel te wees van dié musiekplatform. “JOOX is perfek vir die Afrikaanse musiekbedryf – veral as mens in ag neem dat dit die app is met verreweg die meeste Afrikaanse musiek en die meeste daarvan eksklusief vir stroomluister.

“JOOX skep ’n veilige platform waarop musiek digitaal op slimfone geluister kan word sonder dat mense dit kan steel en dit is belangrik want dit beskerm my as kunstenaar,” het Joe gesê.

Joox is die tegnologie reus Tencent se splinternuwe musiekstroom-app en is gepak met verskeie treffers en honderde speellyste vir elke bui. Die app bied ’n gratis sowel as ’n betaalde VIP-opsie, wat gebruikers in staat stel om musiek te stroom sonder om jou data te gebruik. Nóg ’n voordeel is drie verskillende stroomgehalte-opsies wat gebruikers toelaat om hul data te beheer.

Indien jy nou JOOX aflaai op jou foon en aanteken met die kode JOEFOSTER, kry jy ’n maand se gratis VIP-lidmaatskap. Die JOOX-app is gratis beskikbaar in die Google Playstore en App Store.

Brett Loubser, uitvoerende hoof van Tencent Africa Services, het gesê JOOX het reeds in die vier markte waar dit vrygestel is, die ander musiekstroomdienste uitgestof. “Die kombinasie van ons opkomende markte-musiekmodel en die ervaring van ons plaaslike span, maak JOOX ’n eerste vir Suid-Afrika.”

JOOX kan nóú gratis afgelaai word in die Google Playstore en in die IOS-App store. Vind meer uit oor JOOX by www.joox.co.za.
Uitgereik deur Lumico:

Vir navrae kontak:      Vicki Rothman

E-pos: vicki@lumico.co.za

Sel: 076 964 6472

 

Vir navrae kontak:     Carl Naude

E-pos: carl@lumico.co.za

Sel: 071 278 8218

Log in with your credentials

Forgot your details?