Jason Tiemmie: Elke dag beter na adder se byt

Jason Tiemmie is besig om te herstel en glimlag weer nadat hy op 17 November deur ’n bergadder in die Swartberge gepik is. Die gif van die adder het sy ooglede verlam sodat hy dae lank nie sy oë kon oopmaak nie.      Foto: Liesel le Roux

Jason Tiemmie is besig om te herstel en glimlag weer nadat hy op 17 November deur ’n bergadder in die Swartberge gepik is. Die gif van die adder het sy ooglede verlam sodat hy dae lank nie sy oë kon oopmaak nie. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
HY het al baie goed herstel en sien elke dag beter, sê Jason Tiemmie (29) van Oudtshoorn wat op 17 November in die Swartberge deur ’n bergadder gepik is.

Die gif van die bergadder het Tiemmie, ’n werknemer van CapeNature, se ooglede ’n paar ure nadat dit hom gepik het, laat verlam en ook dubbelvisie veroorsaak. Hy kon vir dae lank glad nie sy oë oopmaak nie, behalwe as hy sy hande gebruik het om sy ooglede te lig.

“As ek in sonlig kyk, word ek nog dronk en het ek dubbelvisie. Ek kan ook nog niks proe of ruik nie. My spiere is ook nog effens styf, maar verder is ek oraait!”

Tiemmie, wat meer as ’n week in die Oudts­hoorn Hospitaal was na die slangbyt, sê hy is dankbaar oor almal wat omgee oor sy toestand.

Volgens dr Milton Groenewald wat Tiemmie behandel het, is die bergadder se gif beide neuro­toksies en sitotoksies – dit tas dus die senuweestelsel aan en kan ook weefselskade veroorsaak. Daar is nie ’n teengif teen die byt van dié slang nie. Groenewald het gesê Tiemmie se toestand sal geleidelik verbeter.

• Intussen is nog ’n Oudtshoorniet, Isak (Sakkie) von Willon, Vrydag in die Oudtshoorn Hospitaal vir ’n slangbyt aan sy arm behandel. Hy is volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Eden Distrik, Saterdag weer ontslaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?