Jan Braai kom kuier

Jan Braai (alias Jan Scannell, middel) gister saam met Jean en Luzanne Botha by die Cango Caves Estate waar Jan se Nasionale Braaitoer die middag hoendersosaties gebraai en zipline gery het. Foto en berig: Schalk le Roux

Jan Braai (alias Jan Scannell, middel) gister saam met Jean en Luzanne Botha by die Cango Caves Estate waar Jan se Nasionale Braaitoer die middag hoendersosaties gebraai en zipline gery het. Foto en berig: Schalk le Roux

Jan Braai 2

JAN BRAAI se vierde Nasionale Braaitoer het gistermiddag ’n draai by die Cango Caves Estate net duskant die Kango Grotte gaan maak waar hulle hoendersosaties gebraai het. Benewens die braaiery het die helfte van die sowat 200 braai­geesdriftiges wat die toer mee­maak ook die Cango Caves Estates se zipline gery.

Die toergroep het Dinsdagaand by die Calitzdorp Spa gekampeer en was gister ná hul besoek aan die Cango Caves Estate op pad na Wildernis waar hulle laasnag oorgebly het.

Die toer het Saterdag, 9 September, in Kaapstad begin en eindig Saterdag in Port Elizabeth. Dit wil die kollig laat val op Nasionale Braaidag Sondag, 24 September, wat ook Erfenisdag is.

Die groep toer met onder meer sportnutsvoertuie, bakkies, bussies en woonwaens terwyl Jan Braai (sy regte van is Scannell) per helikopter van punt tot punt rondrits.

Volgens Jan het hy en lede van die toergroep gister ook die Kango Grotte besoek en na jag­luiperds, krokodille en ander diere by die Cango Wildlife Ranch gaan kyk.

Gedurende die toer word daar elke oggend ontbyt op die kole voorberei by die plek waar oornag is. Die middag kies hulle ’n bestemming waar hulle hul hoofbraai van die dag hou, en saans word demonstrasies aangebied en braaiwenke ge­gee voordat weer gebraai word – met ander woor­de: die kollig is op braai, braai en nogmaals braai.

Log in with your credentials

Forgot your details?