Inwoner van Smartietown sterf na messteek

Handcuffs
Die Oudtshoorn Polisie het ‘n 26-jarige man in hegtenis geneem op ‘n aanklag van moord na die dood van die 34-jarige Bramwille May gisteraand in Reggie Olifantstraat in Smartietown, Oudtshoorn.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is May na bewering tydens ‘n stryery met ‘n vriend in die nek gesteek. “Die oorledene het daarna in sy huis ingehardloop en in die kombuis op die vloer inmekaargesak.”

Michaels sê die voorval het omstreeks 20:38 plaasgevind.

Die verdagte sal Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

(Die Hoorn het die berig verander van die oorspronklike wat op ons webtuiste verskyn het aangesien ‘n foutiewe naam aan ons deurgegee is as die naam van die oorledene. Dankie aan die inwoners wat dit onder ons aandag gebring het.)

Log in with your credentials

Forgot your details?