In hof vir moord en versuim om hulp te verleen

Bo:  Wyle Ricardo (Carthy) Fourie wat in Januarie oorlede is nadat ’n voertuig oor hom gery het. Foto verskaf

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n man van Bridgton wat daarvan aangekla word dat hy in Januarie vanjaar met sy voertuig oor ’n bekende inwoner van Oudtshoorn gery het, is verlede Vrydag in die streekhof tot volgende jaar uitgestel.

Die voorval het in Swawellaan, Bridgton, plaasgevind.

Die beskuldigde het na bewering van die toneel weggery.

Die 37-jarige Johnny Donson staan tereg op klagtes van moord asook vir die versuim om hulp aan ’n beseerde te verleen.

Die 43-jarige Ricardo Fourie, alom bekend as Carthy, het ’n paar dae na die voorval in die Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad beswyk aan die beserings wat hy tydens die voorval, opgedoen het.

Donson het Vrydag regshulp bekom.

Streeklanddros Retha Pretorius het die saak teen hom vir konsultasie en afskrifte van die dossier tot 16 Januarie 2019 uitgestel.

Donson se borgtog van R500 asook sy borgvoorwaardes is tot sy volgende verskyning verleng.

Log in with your credentials

Forgot your details?