Hofbevel verkry oor De Rust-pad

Deur Liesel le Roux
DIE Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke en die kontrakteur betrokke by die bouwerk aan die nuwe pad tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp en De Rust is nou in ’n hofgeding gewikkel oor die pad.

Volgens Byron la Hoe, woordvoerder van die departement, het die departement die kontrak met NM Civils beëindig, maar het NMC ’n tydelike hofbevel verkry wat die departement verbied om voort te gaan met die beëindiging. Die departement staan nou die tydelike hofbevel teen.

NMC gaan tans voort met werk aan die pad.

Die R213 miljoen-projek om die R341 tussen Oudtshoorn en De Rust op te gradeer het in Maart afgeskop.Volgens La Hoe behels die projek die opgradering en herseëling van dele van die pad terwyl die brug naby die afdraaipad na Dysseldorp ook tydens konstruksie wyer gemaak sal word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?