Klag van haatspraak by SAPD ingedien

Deur Ilze-Mari Gründling
THOMAS van Dalen, provinsiale koördineerder van Afriforum, het bevestig dat AfriForum onlangs ’n klagte van haatspraak teen ’n amptenaar van die Oudtshoorn Munisipaliteit, Vuyisa Forplay, by die SAPD ingedien het.

Die saak is by Hermanus Polisiestasie ingedien – met die aansoek om dit oor te skuif na Oudts­hoorn. Dit volg op ’n inskrywing wat Forplay in November 2015 op sy Facebook-blad geplaas het.
Forplay het na ’n interne munisipale tugverhoor ’n skriftelike waarskuwing ontvang en moes vir diversiteitbestuursberading gaan.

Hy is skriftelik gewaarsku oor die erns van die aangeleentheid en dat soortgelyke optrede deur hom tot streng tugoptrede soos ontslag sal lei.

Volgens Ntobeko Mangqweqwe, senior woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het die munisipaliteit kort na die voorval ’n volledige ondersoek in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge gedoen.

“Hierdie insident het plaasgevind tydens die vorige administrasie en volgens rekord is ’n volledige ondersoek ingestel,” sê Mangqweqwe.

Volgens Mangqweqwe het Forplay berou getoon en om verskoning gevra vir sy daad.
Van Dalen reken dat Forplay se straf belaglik is en dat die organisasie ontevrede is met die uitslag van die munisipale ondersoek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?