Gordon April weer in die hof om borgtog te vra

Gordon April in die dae toe hy nog in die burgemeesterstoel op Oudtshoorn gesit het. Foto: Schalk le Roux

Gordon April in die dae toe hy nog in die burgemeesterstoel op Oudtshoorn gesit het. Foto: Schalk le Roux

Deur Garnett Wicomb

DIE voormalige burgemeester van Oudtshoorn, Gordon April, wie se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis van vyf jaar te appelleer misluk het, was Maandag weer in die hof in ‘n poging om op borg vrygelaat te word.

April se regsverteenwoordiger van Kaapstad het die hof versoek om die borgaansoek aan te hoor in afwagting op ‘n beslissing van die Hooggeregshof nadat ’n petisie aan die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof  gestuur is teen die weiering van appèl deur streeklanddros Mark van Wyngaardt

Die staatsaanklaer, Tommy Verreyne, het egter die versoek teengestaan omdat die hof volgens hom nie oor die jurisduksie beskik om ‘n borgaansoek aan te hoor terwyl daar gewag word op ‘n beslissing van ‘n hoërhof nie.

April se regsverteenwoordiger het nie hiermee saamgestem nie en met verwysing na verskeie ander sake betoog dat die hof wel oor die jurisduksie beskik.

Die landdros het egter besluit om nie die aansoek aan te hoor nie en bygevoeg dat hy in elk geval nie kan insien waarom hy nou van besluit sal verander nie. Hy glo steeds dat ‘n ander hof nie tot ‘n ander beslissing sal kom nie.

Die hof het ook ‘n versoek van die verdediging dat daar nie oor die hofverrigtinge berig word nie, geïgnoreer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?