Godsdienssaak – uitspraak kan maande neem

law-judicial_19-137273~2

Deur Liesel le Roux
DIE uitspraak van die Hooggeregshof oor die sogenaamde skolegodsdienssaak waarby twee hoër­skole van Oudtshoorn betrokke is, word nie gou verwag nie.

Volgens ’n ingeligte bron sal uitspraak waar­skynlik eers oor verskeie maande gelewer word.

Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn is onder ses Suid-Afrikaanse skole waarvan die godsdiensbeleid verlede week in die Johannesburgse Hooggeregshof in die kollig was.

Getuienis in die saak is vanaf Maandag tot Woensdag (15 tot 17 Mei) aangehoor.

Die Organisasie vir godsdienste-onderrig en demokrasie (Ogod) het die hof gevra dat die skole verbied word om na hulself as Christelike skole te verwys of voort te gaan met sekere Christelike gebruike.

Die skole het die aansoek teengestaan.

Die vier ander skole betrokke is die Laerskool Randhart in Alberton, Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Garsfontein in Pretoria en Hoërskool Linden in Johannesburg.

Die saak word algemeen as ’n waterskeidingsaak oor godsdiensbeofening in skole in Suid-Afrika beskou.

Log in with your credentials

Forgot your details?