Gesteelde Mercedes by De Rust

Deur Liesel le Roux
TWEE mans van Gauteng is verlede Woensdag in die vroeë oggendure deur die De Rust Polisie en die Voertuigdiefstaleenheid vasgetrek nadat ’n gesteelde Mercedes Benz by ’n padblokkade gevind is.

Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, is tydens die deursoeking van die Mercedes ge­vind dat dit as gesteel in Claremont in Gauteng aangemeld is.

Die polisie het op die Mercedes asook ’n BMW wat saam met die Mercedes gery het, beslag gelê.

Die twee bestuurders van die voer­tuie is in hegtenis geneem vir die besit van ’n gesteelde voertuig asook bedrog nadat dit geblyk het dat hul identiteitsdokumente waarskynlik ver­vals is.

Die mans, onderskeidelik 48 en 62 jaar oud, was vanaf Gauteng na die Kaap toe op pad toe hulle by De Rust voorgekeer is.

• Die twee mans het Maandag in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn vir ’n borgtogaansoek.

Log in with your credentials

Forgot your details?