Gesin op pad terug na Oudtshoorn

Lulu van Greunen

Deur Liesel le Roux
DIE bekende sakeman van Oudtshoorn, André van Greunen, en sy drie dogters bring vandeesweek die liggaam van hul vrou en moeder, Lulu van Greunen (63), vanuit Thailand terug huis toe.

“Hulle sal seker teen Vrydag terug wees op Oudtshoorn,” het die Van Greunens se een skoonseun, Danie van der Berg, Dinsdag aan Die Hoorn gesê.

Van Greunen en sy dogters, Donna-Lida van der Berg, Petro Westraad en Tessa Nortje, land vandag (Donderdag) in Kaapstad.
Lulu is oorlede kort nadat sy en André verlede Dinsdag (13 Maart) in Koh Samui, ’n eiland by Thailand, aangekom het. Sy en André het gaan slaap en toe hy weer wakker word, het hy sy vrou op die vloer aangetref. Die oorsaak van haar dood is nie in hierdie stadium bekend nie.

Sy dogters het verlede Woensdagoggend (14 Maart) na Thailand vertrek om hul pa te gaan bystaan.

Van der Berg het gesê ’n roudiens vir sy skoonma sal gehou word en dat meer besonderhede bekend gemaak sal word nadat die Van Greunen-gesin terug is op Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?