Gesin moedeloos wat alles in brand verloor

Wayne Maconni wat saam met sy gesin alles verloor het toe hul huis in Bongolethu afgebrand het, wys die verslag oor die brand.

Wayne Maconni wat saam met sy gesin alles verloor het toe hul huis in Bongolethu afgebrand het, wys die verslag oor die brand.

Wayne en Bridgette Maconni van Bongolethu is moedeloos na­dat hul huis in Lunga­- straat 110 Sondag afgebrand het.

Macconi, ’n algeme­ne werker, verduidelik dat hy en sy gesin van ses by familie gekuier het toe ’n vriendin vir hom laat weet het dat sy huis aan die brand is.

“Ons was besig om by my skoonouers te kuier toe daar vir ons gesê is dat die huis besig is om af te brand. Ons het vinnig huis toe gejaag om te gaan kyk.”

Volgens ’n verslag van Oudtshoorn se nood­dienste en brand­weer was ’n foutiewe kragkabel waarskynlik die oorsaak van die brand.

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het sinkplate en pale aan die gesin geskenk om ’n skuiling te bou en is tans besig om kospakkies bymekaar te maak.

“My kinders is honger. Hulle moet skool toe gaan. Ons het alles verloor,” het Macconi gesê.

“Ek is maar net ’n algemene werker en my vrou het onlangs werk gekry by ’n plaaslike slaghuis. Ons sukkel om weer ons lewens aan die gang te kry.”

Die Macconi’s se vier kinders, Luwayne (13), Brendan (9), Brayton (4) en Beewin (een jaar en ses maande), moet tans saam in een klein vertrek met hul ouers slaap.

Die twee oudstes gaan onderskeidelik by Saturnus Primêr en DeVilliers Primêr skool.

Log in with your credentials

Forgot your details?