Geen borgtog vir twee wat met veevoer betrap is

Landdroshof-Oudtshoorn

Borgtog is verlede week in die Oudtshoorn Landdroshof geweier aan twee mans van Dysselsdorp met ellelange lyste van vorige veroordelings. Die twee mans word daarvan aangekla word dat hulle in besit van gestelde veevoer betrap is.

Die 54-jarige William de Vos met 24 vorige veroordelings en die 36-jarige Willem Potgieter met nege vorige veroordelings is in die vroeë oggendure met twee sakke varkvoer deur lede van die Oudtshoorn-veediefstaleenheid vasgetrek.

Albei pleit onskuldig. Volgens de Vos het hy al lankal besluit hy wil nooit weer by misdaad betrokke raak nie. Sy parool het verlede jaar verstryk.

Landdros Lorraine Samuels het op versoek van die staat borgtog geweier omdat die twee beskuldigdes hulle nie aan borgvoorwaardes steur nie. Die saak is vir verdere ondersoek tot 20 April uitgestel. (Berig deur Garnett Wicomb)

Log in with your credentials

Forgot your details?