Erg beseer in botsing

Die ongeluks­to­neel Sondag­aand. Die Oudts­hoorn Polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

Die ongeluks­to­neel Sondag­aand. Die Oudts­hoorn Polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

Deur Ilze-Mari Gründling
’N LID van die Oudtshoorn Infanterie-skool is Sondagaand omstreeks 17:30 ernstig beseer toe sy motorfiets met ’n bakkie op die hoek van Bloemstraat en Langenhovenweg gebots het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoer­der van die Oudtshoorn Polisie, het die botsing plaasgevind toe ’n wit Che­vrolet-bakkie na bewering oos in Bloem­straat gery het terwyl die Honda Crusader-motorfiets vanuit ’n suidelike rigting in Langenhovenweg aange­kom het.

Die motorfietsryer, Mzuvukile Vapi, is ernstig beseer en per ambulans na die Oudtshoorn Hospitaal gebring. Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in Eden, is Vapi in die noodeenheid behandel en na die George Hospitaal oorgeplaas vir spesialis-behandeling.

Die bestuurder van die bakkie, Mervin Brink­huys, het ligte beserings opgedoen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?