Een van die blitsigstes nog!

Karen Pienaar van Oudtshoorn, een van die dorp se blitsigste lesers!

Karen Pienaar van Oudtshoorn, een van die dorp se blitsigste lesers!

DIT het pas die eerste keer by sy lees­sentrum gebeur dat iemand dit regkry om na net vier ure se opleiding 1 000 woorde per minuut te lees, sê Rampie Alberts, eienaar van die Klein Karoo Leessentrum op Oudtshoorn.

Dié prestasie is boonop deur Alberts se dogter, Karen Pienaar (52), behaal. Sy kon dit self nie glo nie, vertel Alberts.

“Haar een dogter, Qunitha, het ook die kursus gedoen en na tien ure 2 000 woor­de per minuut gelees.
“Karen het haar kursus voortgesit en na tien ure dieselfde mylpaal as haar dogter behaal!”
Alberts sê Karen gaan sy leessentrum mettertyd by hom oorneem.

“Ek dink ek het nou al genoeg kandidate opgelei, en wanneer die dag kom dat sy gereed is om oor te neem, sal ek nog die nodige bystand te verleen.”

Alberts sê oor die jare het hy al oud en jonk opgelei, veral mense wat baie lees­werk of navorsing doen.
“Die oudste persoon wat nog my leeskursus bygewoon het, was 73 jaar oud. Die kursus help ook met hand-oog-koördinasie en verbeter konsentrasie, spelling, waarnemingsvermoeë en alles wat daarmee gepaard gaan.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?