Dronkbestuur ondersoek na bakkie in veld beland

Die Ford Ranger het Sondagmiddag in die veld langs die Kango Grotte-pad beland.                                            Foto: Liesel le Roux

Die Ford Ranger het Sondagmiddag in die veld langs die Kango Grotte-pad beland. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel se Roux
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van dronkbestuur nadat ’n Ford Ranger Sondagmiddag net buite Oudtshoorn van die pad geloop het.

Die bestuurder is per ambulans na die MediClinic Klein Karoo geneem waar hy vir ’n kopbesering behandel en later ontslaan is.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval omstreeks 18:35 op ’n reguit gedeelte van die Kango Grotte-pad in die omgewing van die afdraai na die Surval Olyflandgoed plaasgevind.

Die voertuig het die draadheining platgery en sowat 70 meter verder in die veld tot stilstand gekom.

Op die toneel wou dit voorkom of die bestuurder en ’n insittende vanuit die rigting van Oudtshoorn op pad was toe die bestuurder oënskynlik beheer verloor het.

Volgens omstanders is die passa­sier slegs lig beseer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?