Die soet en suur van 2017

Die verwoeste Swartbergpas soos dit in April gelyk het. Foto: Roeland Gabriel

Die verwoeste Swartbergpas soos dit in April gelyk het. Foto: Roeland Gabriel

Maggie Fourie met haar honde op die afgebrande Oudemuragie Gasteplaas naby De Rust. Dié plaasdam se water was pikswart van die roet. Foto: Liesel le Roux

Maggie Fourie met haar honde op die afgebrande Oudemuragie Gasteplaas naby De Rust. Dié plaasdam se water was pikswart van die roet. Foto: Liesel le Roux

Joseph van der Colf (63) wys die dak van sy kinders se huis in Volmoed wat afgewaai het. Foto: Schalk le Roux

Joseph van der Colf (63) wys die dak van sy kinders se huis in Volmoed wat afgewaai het. Foto: Schalk le Roux

Brande, vloede, droogte, wind

DIE afgelope jaar het Moeder Aarde gesteier onder die aanslag van aardverwarming – brande, storms,
winde, droogte. So was dit ook in die Klein Karoo.

• In die eerste uitgawe van Die Hoorn vir 2017 word berig oor ’n verwoestende brand wat tussen
14 en 30 Desember 2016 alles platgevee het tussen die Rust-en-Vredewaterval en Meiringspoort.

Inwoners bestempel dit as die ergste brand in menseheugenis.

De Rust se watertoevoer word onderbreek toe ’n donderstorm roet, stokkies en plantmateriaal waterpype laat verstop. Water word van heinde en verre na De Rust aangery.

• ’n Flitsvloed vernietig dele van die Swartbergpas aan die Prins Albert-kant van die berg op 9 en
10 April wat ook tot die sluiting daarvan lei. Die pas is danksy flinke ingryping deur die Wes-
Kaapse regering reeds in groot mate herbou. In dieselfde week kry die Oudtshoorn-omgewing ook
swaar reën en word dele van die pad na die Rusten-Vredewaterval verspoel, en begin inwoners van
Oudtshoorn met ’n stryd om skoon drinkwater na die reën roet in die Raubenheimerdam inspoel.

• Stormwinde tref die Suid-Kaap op 7 Junie en op Oudtshoorn en in Ladismith word bome ontwortel.
’n Huis in Volmoed se dak word afgeruk.

Die vernietiging wat brande tydens die windstorm in die Knysna-omgewing aanrig, maak opslae.

• Die Klein Karoo en Karoo is ook vanjaar in die knelgreep van ’n ernstige droogte wat talle boere op hul knieë het.

Nog nuus uit 2017

• Gordon April, voormalige burgemeester van die Groter Oudtshoorn, word op 5 April deur landdros Mark van Wyngaardt tot effektiewelik vyf jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy aan diefstal van sand en klip van die Oudtshoorn Munisipaliteit, die onwettige gebruik van munisipale voertuie, intimidasie en poging tot regsverydeling skuldig bevind is.

Nadat sy aansoeke om borgtog en verlof tot appèl onsuksesvol was, nader April die regterpresident van
die Kaapse Hooggeregshof met ’n petisie teen die weiering van verlof tot appèl. Hierop word borgtog op 19 Junie aan hom vanuit die Kaap toe – gestaan, maar ’n beslissing van die regterpresident oor sy appèl word steeds afgewag.

• The winners of the annual Klein Karoo Gourmand Awards / Smulpaaptoekennings were: Farm stall
eatery: Smitswinkel (Oudtshoorn), Bella de Karoo and De Krans Bistro (Calitzdorp), The Country Pumpkin (Barrydale), Alfresco Deli (Joubert Tradauw) and Die Kloof Padstal (Montagu). Hotel restaurants: The Colony @ The Queen’s, Buffelsdrift and Su Casa @ Surval (Oudtshoorn),
Karoo Art Hotel (Barrydale), and Mimosa Lodge and Montagu Country Hotel (Montagu). Casual eateries: The Village Trading Post (De Rust), Café Brûlé (Oudtshoorn), Rose of the
Karoo (Calitzdorp), Rooi Kombuis and Diesel & Crème (Barrydale), and Rambling Rose (Montagu).

Restaurants:
The Black Swan and Bello Cibo (Oudtshoorn), Giovanni’s Italian Country Kitchen and Zamani
Grill (Calitzdorp), Clarke of the Karoo (Barrydale) and Kokkemans Kitchen and Gallery (Montagu).
• Ricardo Tiemie (32) van Welbedacht, ’n volstruisplaas bui te Oudtshoorn, is op 25 Augustus tydens ’n
glansfunksie by die Surval Boe tiekolyflandgoed as Agri Klein Karoo se Landbouwerker vir 2017 aangewys.

Timmie was ook die wenner van die Junior bestuursafdeling.

• ’n Musiekvervaardiger van Oudtshoorn, Danny B, het op 15 Mei sy tuisdorp trots gemaak toe ’n produksie waarvoor hy by die KKNK verantwoordelik was, met ’n gesogte Kanna-toekenning bekroon is! Die hip-hop-opelugmusiekproduksie Rymklets van Oos tot Wes, met Danny B’s Entertainment Productions as vervaardiger, is aangewys as beste musiekproduksie by die fees.

• Drie jong Oudtshoorniete word ernstig beseer in drie botsings vroeg in die jaar. Carol Ann van Rensburg (19) van Oudtshoorn se linkerknie word vergruis toe haar bromponie op 1 Februarie deur ’n bestuurskoolvragmotor getref word. Liezl Meyer (18) is op 28 Februarie op die Mosselbaaipad
in ’n motorongeluk en Ani ka Uys (22) op 7 Maart in ’n motorongeluk op die Calitzdorppad.

• DieKoud-Struisie Erik van Rooyen (27) maak internasionaal naam op die gholfbaan deur die Eye
of Africa-PGAKGholftoernooi in Februarie en die Hainan Ope in Oktober in China te wen en daarmee sy
Europese toerstatus vir 2018 te verseker.

• Hawelose mense wat jare lank op die sypaadjie in Vredestraat oorkant die munisipale gebou in
Oudtshoorn gewoon het, is in Augustus na ’n nuwe skuiling vir hawe loses verskuif. Dit het gevolg op klagtes van inwoners, persberigte en maandelange gesprekke en ini siatiewe van die munisipaliteit om alternatiewe verblyf vir die mense te vind.

Ons onthou hulle

Nico du Bois.

Nico du Bois.

James Swigelaar.

James Swigelaar.

Die Klein Karoo moes vanjaar onder andere die volgende inwoners groet:
• Janeescha Rond ganger (9) verdrink op 15 Januarie by die Kango Bergoord.
• James Swigelaar, oud-burgemeester van die Groter Oudtshoorn (22 Februarie).
• Desiree Pietersen (19) van Prins Albert wat sterf toe ’n flitsvloed op die R407 haar meesleur
(9 April).
• Guido Koert (32), kaptein van Collegians Rugbyvoetbalklub op Oudtshoorn (15 Mei).
• Andrea Groenewald, finansiële bestuurder van Nandrea en Biorem op Oudtshoorn (3 Junie). Eric Terblanche (77), eerste hoof van Langenhoven Gimnasium (5 Junie). Nella Philander, bekende ANC-leier (8 Junie).
• Corné Swartz (20) van Bongolethu sterf in ’n tref-en-trap-ongeluk (6 Julie). Micheale Abrahams
(15), leerder van die Hoërskool Oudtshoorn, sterf in ’n motorbotsing (19 Julie).
• Jolin van Zyl, graad 9-leerder van Langenhoven Gimnasium wat aan dubbele longontsteking sterf (15 Augustus). Wilfred Mattheus, oud-onderwyser van Bridgton Sekondêr en -krieketspeler van die SWD en Western Hope. Nico du Bois (65) van Oudtshoorn, bekend in landbou- en perdrykringe (31 Augustus).
• Deidre Opperman (16) wie se verkoolde lyk op 4 September in die veld naby die N12 buite De Rust gevind is nadat sy op 2 September nie teruggekeer het huis toe van ’n partytjie nie.
• Thys du Toit (76), bekende boer van Volmoed (1 Oktober). Gerda Goliath (26), onderwyseres
in George wat aan longontsteking sterf (24 Oktober).
• Johan van der Westhuizen, bekende in landboukringe in Oudtshoorn en De Rust (16 November). Mark van Wyngaardt (63), streeklanddros van Oudtshoorn (22 November). Kobus Barnard (77), gereelde briefskrywer van Die Hoorn (22 November). Sarah Loverlot van Bridgton wie se lyk op 23 November in
’n wildskamp gevind is nadat sy op 13 November vermis geraak het.
• Preston Titus, stafsersant by die Oudtshoorn Infanterieskool se lyk word omstreeks middernag
met verskeie steekwonde in sy slaapkamer gevind (1 Desember). Jan Philander, oudskoolhoof
van PJ Badenhorst Primêr op Dysselsdorp (11 Desember).

Voorblaaie wat opslae gemaak het

Die Hoorn-12102017001~CPTIS_Die Hoorn Die Hoorn-19102017001~CPTIS_Die Hoorn

Die Hoorn-02112017001~CPTIS_Die Hoorn Die Hoorn-02022017001~CPTIS_Die Hoorn

Te veel botsings ….

Te veel botsings, te veel mense wat gesterf het of ernstige en permanente beserings opgedoen het, was een van die laagtepunte van 2017. So het Die Hoorn oor van die botsings berig.

Die Hoorn-21092017001~CPTIS_Die Hoorn Die Hoorn-24082017001~CPTISa_Die Hoorn

Die Hoorn-24082017001~CPTISa_Die Hoorn Die Hoorn-28092017001~CPTIS_Die Hoorn

Log in with your credentials

Forgot your details?