Die Koffiepot open deure by Millenniumpark

Inwoners van Millenniumpark by die opening Woensdag. Foto: Higgo Jacobs

Inwoners van Millenniumpark by die opening Woensdag. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Millenniumpark Aftree-oord in Oudtshoorn spog nou met hul eie koffiekroeg genaamd Die Koffiepot.

Die Koffiepot het verlede Woensdag sy deure vir inwoners en hul gaste se gebruik geopen met ’n geleentheid waar almal gratis verversings kon geniet.

Volgens Elias Olivier, een van die inwoners van Millenniumpark, is daar geruime tyd al ’n behoefte aan so ’n fasiliteit waar inwoners, en spesifiek pasiënte in die Versorgingseenheid, hul besoekers, familie en vriende kan ontvang en gesellig saam ’n koppie koffie of tee kan geniet.

Die projek word deur ’n komitee in samewer­king met Western Province Caterers (WPC), wat vir die voedselvoorbereiding en bediening in die oord verantwoordelik is, bestuur. Die komitee bestaan uit Olivier, Isabé Fourie en Alta Germs.

Die Koffiepot is Woensdae tot Sondae van 08:00 tot 17:00 oop. Vir navrae kontak 044 272 5867.

Log in with your credentials

Forgot your details?